Kalm ouers is beter ouers.

Wil jy ’n kalm ouer wees, selfs wanneer jou kind jou frustreer of nie luister nie? Die meeste ouers weet dit is beter vir hulle verhouding, as hulle met kalmte situasies hanteer. Niemand hou daarvan om dit te verloor nie.

Maar hoekom gebeur dit? Baie mense dink dit gebeur ondat hulle ongeduldig is of kwaai is.

Die ware rede hoekom dit eintlik gebeur, is omdat ons ons ons emosies verkeerd hanteer. Niemand het ons ooit geleer hoe om emosies te hanteer nie.

En omdat niemand ons ooit geleer het wat om met ons emosies te doen nie, onderdruk ons dit.

Wanneer ons emosies onderdruk, bou stres in ons liggame op. Dit kan voel soos:

  • Stywe maagspiere

  • Pyn of druk in die bors

  • ’n Toe gevoel in die keel

Hoe meer stres ons dra, hoe groter word die spanning. Uiteindelik wil die liggaam daarvan ontslae raak—en dit is wanneer ons ontplof.

In ons fokusgroepe leer ons jou hoe om emosies reg te hanteer, sodat jy kalm kan bly, selfs in moeilike ouerskap-oomblikke.

Wat as 15 minute per week jou ouerskap kon verander?

In 2026 fokus ons op ‘n spesifieke tegniek wat jou brein leer om emosies spontaan reg te hanteer. Die tegniek is baie eenvoudig. Dit is bloot om bewus te word van emosies en vir jou brein te wys dat hy nie bang hoef te wees vir die emosie nie.

Dit klink nie na veel nie, totdat jy begin ervaar hoe jy kalmer is in jou alledaagse lewe. Stadig maar seker begin jou brein spontaan emosies verwerk op ‘n manier wat jou liggaam kalm laat voel.

Elke Dinsdag beweeg  Albie Jordaan saam met jou terwyl jy jou brein leer om emosies beter te hanteer.. Jy sal ervaar hoe jou emosionele intelligensie vermeerder a.g.v. julle tyd saam.

Dit alles gebeur in 15 minute op Dinsdae 10:00 – 10:15. Jy kan altyd ook na die opname kyk na die tyd.

Vir wie is hierdie program?

Dit is vir enige persoon wat rustiger wil voel in die binnekant terwyl jy nog moet doen wat jy moet doen, as ‘n ouer.

Tye:
Dinsdae 10:00 – 10:15 am

Opname beskikbaar vir twee weke.

Kostes:
R49 per maand.
Jy kan enige tyd kanselleer as jy nie meer deel van die groep wil wees nie.

Registrasie:
As jy wil deel wees van die fokusgroepe, volg hierdie skakel om te registreer. Ons sien uit daarna dat jy deel word van die groep! Sodra jy geregistreer is, stuur ons vir jou die Zoom skakel.